‘Hierdie hoop besit ons as ‘n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is.’
– Jou hoop op God is ‘n Anker vir jou siel.
– Hierdie hoop laat jou vas en veilig in die lewensreis staan.
– Hierdie sekerheid in Sy getrouheid sal jou versterk.
– Jou Anker sal jou nie faal nie, wees dus bemoedig en verseker.
Gebed: Vader, ek verklaar dat my hoop in U geanker is en daarom hoef ek nie te vrees of te twyfel nie, maar ek kan vas en sekuur staan omdat ek aan U verbonde is. Amen.