‘Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.’
– Jy het die reg en die voorreg om jou genadige God te nader.
– Jy hoef nie weg te kruip nie; jy kan met vrymoedigheid vorentoe tree.
– Sy genade wag op jou.
– Wanneer jy dit die nodigste het, hoef jy net te bid vir hulp op die regte tyd.
Gebed: Vader, U weet presies wat ek moet hanteer en waardeur ek gaan. Ek kies om U met vrymoedigheid aan te roep vir die hulp wat ek so broodnodig het. Ek glo dat U genade en U barmhartigheid vir my ‘n pad sal maak. Amen.