‘Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.’
– Ons kan kies om oor alles te kla of om die Here in alle dinge te loof.
– Uit ons monde behoort ‘n voortdurende stroom van lof te vloei.
– Soms is dinge moeilik en die lof ‘kos’ ons ‘n prys…..
– Maar gaan voort om Sy Naam te bely en om Hom te loof.
Gebed: Vader, tenspyte van my omstandighede kies ek om U te loof en U Naam omhoog te lig en te verheerlik. Mag my mond en lippe altyd vir U lof bring en U vereer en verheerlik. Amen.