‘….., laat ons dankbaar wees, …..’
– Dankbaarheid is ‘n karaktertrek van ‘n ware Christen.
– Ons harte moet met dankbaarheid teenoor die Here gevul wees vir alles wat Hy gedoen het.
– Dankbaarheid is een van die keuses wat ons daagliks moet maak.
– Kies reg en kies om dankbaar te wees, selfs vir die klein dingetjies.
Gebed: Vader, dankie vir U wonderbare goedertierenheid en liefde teenoor my. Ek wil dankbaar wees vir alles wat ek het om te vier en om dankbaar oor te wees. Help my om dankbaar te wees en om al die klein seëninge op my lewens pad te geniet. Amen.