Daaglikse Bybel Vers: Hαbakuk 3:19
‘Die Here Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes.’
– God gee jou die krag wat jy nodig het
– Hy weerhou nie krag nie, maar Hy deel Sy krag aan ons uit.
– Met Sy krag kan ons bereik wat dalk onmoontlik gelyk het.
– Sy krag maak dit vir ons moontlik om enige uitdaging wat die lewe op ons pad mag bring te hanteer!
Gebed: Vader, mag U krag nou in my lewe invloei terwyl ek weereens verklaar dat U die Sterkte van my lewe is. Versterk my in die kwessies en uitdagings wat ek moet hanteer, sodat ek deur U krag as oorwinnaar uit die stryd kan tree. Amen.