‘Want daar het in hierdie nag by my gestaan ‘n Engel van die God aan Wie ek behoort, wat ek ook dien. En Hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; …’
– Ja, die Engele van God kan hul weg na die storms van die lewe wat ons moet hanteer, vind.
– Maak nie saak waardeur jy gaan nie, die Engel van God is met jou.
– As ons net verder as die fisiese kon sien, sou ons God se groot voorsiening raak gesien het.
– As ons verstaan Wie met ons is, sal ons nie vrees of twyfel nie, maar ons sal glo
Gebed: Vader, ek behoort aan U en U is ook die Een wat ek dien en liefhet. Mag die werklikheid van U teenwoordigheid en U krag my vrese oorweldig en my die vertroue gee om te staan en te glo. Amen.