‘Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.’
– Jy het goeie rede om bly te wees en Sy lof te sing.
– Die Here is met jou, laat ek jou daaraan herinner dat HY MET JOU IS!
– Om hierdie feit te ken, beteken dat ons liggame in hoop kan rus.
– Ek spreek vandag rus, vir jou liggaam, verstand en hart, in Sy kosbare Naam.
Gebed: Vader, dit is waar, U is met my en ek is nie alleen of verlate nie. Ek loof U, en ek is so dankbaar vir U voortdurende teenwoordigheid in my lewe. Ek kies om in die hoop wat ek in U het, te rus. Amen.