‘In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek jou neem, ……, en jou maak tot ‘n seëlring, want jou het Ek verkies, spreek die HERE van die leërskare.’
– Jy is vir God waardevol.
– Hy het ‘n spesiale plan vir jou lewe, want Hy het jou gekies.
– Jy is deur die Here vir Sy doeleindes, met die hand uitgesoek.
– Hy wil uit jou lewe, iets moois maak.
Gebed: Vader, ek weet dat U my liefhet en dat ek nie per ongeluk hier is nie. U het ‘n plan en ‘n doel vir my lewe. Ek glo dat U my gekies het en ek is vir U, ‘n prioriteit. Amen.