Daaglikse Bybel Vers: Genesis 8:1
‘En God het gedink aan Noag…’
– Die Here sal jou of Sy beloftes aan jou nooit vergeet nie.
– Noag het ‘n groot vloed trotseer, maar die Here het hom nie in die vloed gelos nie.
– Die Here het ingegryp en die vloede en storms het opgehou.
– Maak nie saak hoe groot die vloed is of hoe donker die storm is nie, HY sal jou onthou!
Gebed: Vader, dankie dat U belowe het om my nooit te verlaat of versaak nie. U sal my onthou en my deur die storms van die lewe bring omdat ek U kind is. Amen.