‘En die Here God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.’
– In God se groot deernis het Hy Adam se toestand gesien en iets daaraan gedoen.
– Die Here het persoonlik ingetree om in die behoefte te voorsien.
– In ‘n oomblik van barmhartigheid het HY vir hulle klere gemaak en hulle geklee.
– Hy ken jou behoefte en Hy sal intree en voorberei en voorsien wat jy nodig het.
Gebed: Vader, ek is oorweldig deur U barmhartigheid en deernis teenoor U skepping – en dit sluit my in. Dankie dat U my behoefte ken en dat U ‘n plan sal maak, en in U liefde sal U seker maak dat dit presies is wat ek nodig het. Amen.