‘Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.’
– Die Here het onderneem om jou nooit te begewe, verlaat of te versaak nie.
– HY sê vir jou: ‘Ek sal jou nie verlaat nie!’
– Sy plan is om al Sy beloftes aan jou na te kom.
– Sy doel met jou lewe is om alles te voltooi wat Hy begin het.
Gebed: Vader, U voortdurende betrokkenheid in my lewe vul my hart met hoop en verwagting. Ek sal vol vertroue wees in die feit dat U teenwoordigheid en U doel nooit uit my lewe verwyder sal word nie. Amen.