‘En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, vind hulle daar ‘n put met lewendige water.’
– Dit is nooit te laat vir die Here om ‘n deur oop te maak of ‘n wonderwerk te doen nie.
– Dit is tyd dat jy die Here begin vertrou vir iets nuuts.
– Toe hierdie mense ‘n nuwe put begin grawe het, het God vars water voorsien.
– Wanneer jy in geloof uittree, sal HY vir jou ‘n manier maak om sukses te behaal.
Gebed: Vader, dankie dat ek vandag na U toe kan kom om te vra dat U my help om oor te begin. Ek bid dat terwyl ek in geloof uittree, U die deure vir my sal oopmaak en vir my ‘n pad sal maak. Amen.