Daaglikse Bybel Vers: Genesis 25:21
‘En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het.’
– Ek en jy kan vir ander mense wat ‘n deurbraak nodig het, bid.
– Isak het vir sy vrou gebid en ‘n wonderwerk het gebeur.
– Ons ken almal iemand wat vandag ‘n wonderwerk nodig het.
– Kom ons staan in die bresse en bid namens hulle en glo dat God sal beweeg.
Gebed: Vader, ek bring die name van persone wat ek weet ‘n wonderwerk van U benodig, voor U Troon van Genade. Ek vra U om namens hulle te beweeg en wonderlike dinge vir hulle te doen. Amen.