‘EN Abraham was oud en ver op sy dae, en die Here het Abraham in alles geseën.’
– Kan jy, jou ‘n leeftyd van God se seën verbeel?
– Abraham het God se seën tot ‘n hoë ouderdom ervaar.
– Dit onthul iets van die aard en karakter van God aan ons.
– Glo dat Sy goedheid en genade jou al die dae van jou lewe sal volg.
Gebed: Vader, dankie dat U in elke stadium en in elke seisoen van die lewe met my is. Ek sal na U voortdurende goedertierenheid en getrouheid teenoor my, uitsien. Amen.