‘Ook het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.’
– Die Here weet presies wat die beste vir ons is en wat ons die nodigste het.
– Hy wil ons behoefte vervul, met dit wat reg is vir ons.
– Adam het ‘n metgesel en ‘n helper nodig gehad, en dit is presies wat hy gekry het.
– Hy ken jou behoefte en Hy weet hoe om in daardie behoefte op Sy Eie manier te voorsien.
Gebed: Vader, dankie vir die wonderlike manier wat U vir my sorg. Elke detail van my lewe is aan U bekend en U weet wat ek nodig het en wat die beste vir my is. Amen.