Daaglikse Bybel Vers: Genesis 21:19
‘Daarop het God haar oë geopen, en sy sien…’
– Soms kan die antwoorde wat ons soek, reg voor ons oë wees.
– Die deurbraak en antwoord wat God vir jou het kan reg voor jou wees.
– Moenie opgee of die handdoek ingooi nie.
– Vra die Here om jou oë te open sodat jy kan sien wat Hy vir jou voorberei het.
Gebed: Vader, open die oë van my hart en laat my toe om die antwoorde te sien wat U vir my beskikbaar stel. Help dat ek nie verblind word deur my eie ondervindinge nie, maar mag ek die fontein ‘sien’ wat U in die woestyn geplaas het. Amen.