‘Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed.’
– Jy is deur God geskep en Hy maak nie rommel nie.
– Die hele skepping is wonderlik en ‘n wonderwerk, en dit sluit jou in.
– Jy is vir God waardevol en kosbaar en Hy het jou lief.
– Jy is uniek en dugtig en wonderlik gemaak.
Gebed: Vader, dankie dat U dit gepas gevind het dat ek op hierdie tydstip in die geskiedenis moes lewe. U ken die planne en doel wat U vir my het. U het my gemaak, en ek weet dat ek waardevol en kosbaar, in U oë is. Amen.