Daaglikse Bybel Vers: Galàsiërs 5:22-23
‘Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.’
– Hulle sê mens kan die soort boom herken aan die vrugte wat dit dra.
– Die Here wil hê dat ons lewens ook produktief en vrugbaar moet wees.
– Wanneer ons deur Sy Gees gelei word, word wonderlike vrugte in ons lewens geproduseer.
– Die vrugte wat Hy in ons lewens voortbring kan ‘n groot effek op die mense om ons hê.
Gebed: Vader, ek ontvang U Heilige Gees in my lewe. Kom en werk in my sodat my lewe die vrugte wat U in my lewe begeer, sal demonstreer. Amen.