Daaglikse Bybel Vers: Galàsiërs 3:3
‘Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?’
– Die Here het elkeen van ons geroep om in afhaklikheid op Hom en Sy Gees te lewe.
– Ons begin dikwels deur op die Here te vertrou en eindig dan waar ons op onsself staatmaak.
– Die Here het ons nie ontwerp om deur ons ‘menslike geswoeg’ te lewe nie.
– Lewe in afhanklikheid op Sy Gees en Hy sal jou lei.
Gebed: Vader, vergewe dat ek so dikwels terugval om op my eie idees en strewe staat te maak. Help my om konstant afhanklik op U en U kosbare Heilige Gees te lewe. Amen.