‘Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.’
– Besef vandag dat jy nie alleen is nie, die Here self woon in jou.
– Die verlede is in die verlede en die toekoms moet met beide hande aangegryp word.
– Jy is geseënd om te lewe en jy is hier met ‘n doel.
– Die lewe is vir die lewendes, so tree uit en leef met geloof in die Een wat jou liefhet.
Gebed: Vader, dankie vir U volmaakte liefde vir my. Ek is verheug dat ek bevoorreg is om in hierdie tyd in die geskiedenis, te lewe en ek weet dat U ‘n plan en ‘n doel met my lewe het en daarom sal ek in geloof vorentoe beweeg. Amen.