‘Verder, broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is, – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.’
– Die soort gedagtes wat ons dink het ‘n diepsinnige invloed op die soort lewens wat ons lei.
– As ons vrees en benoudheid bedink sal ons in vrees en benoudheid lewe.
– As ons hoop en seën bedink sal ons in hoop en seën lewe.
– Moenie toelaat dat jou gedagtes jou oorheers nie, rig jou gedagtes op die Here.
Gebed: Vader, vergewe dat ek soms toelaat dat my gedagtes ‘n oes van vrees en twyfel voortbring. Ek rig my gedagtes vandag op U. Vul my lewe met vertroue en verwagtende hoop in U, want U is my krag en my hoop. Amen.