Daaglikse Bybel Vers: Filippense 4:7
‘En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.’
– Wanneer ons in ons lewens afhanklik van die Here is, kan ons Sy vrede in ons lewens ken.
– Daar is iets omtrent Sy vrede wat ons nie tenvolle kan begryp of verstaan nie.
– Dit is daarom dat ons vrede kan ken selfs wanneer omstandighede kommerwekkend voorkom.
– Mag jy Sy vrede nou ondervind en mag dit jou selfs verras!
Gebed: Vader, Ek verlang om meer van U vrede in my daaglikse lewe te ondervind en geniet. Ek werp al my probleme nou dadelik op U en ek vra dat U my met U vrede en blydskap sal vul. Amen.