‘Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
– Ek en jy is deur die Here ontwerp, om te lewe met Sy blydskap in ons harte.
– Moenie toelaat dat enigiets, die vyand ingesluit, jou vreugde steel nie.
– Hou vas aan jou blydskap en laat Sy vreugde jou hart en siel vul.
– Verbly jou en vind uit wat daar alles is om voor dankbaar te wees en wees dankbaar.
Gebed: Vader, vul my met U blydskap. Ek kies om my te verbly en om vervulling in U te vind en net in U alleen. Mag U blydskap ‘n realiteit en voortdurende ondervinding in my lewe wees! Amen.