‘Maar wat ons reeds bereik het — laat ons volgens dieselfde reël wandel, …’
– Wees aangemoedig om aan te hou om in jou geloof te wandel.
– Moenie terugsak of van die pad afgelei word nie.
– Jy het goeie vordering gemaak en God het meer vordering vir jou in die vooruitsig.
– Laat ons nie moedeloos raak of in die versoeking kom om tou op te gooi nie!
Gebed: Vader, dankie dat ek sal voortgaan om vordering te maak terwyl ek aanhou om U te volg. Waar ek met die pad stap waarop U my neem, sal ek vertrou en glo, en ek sal nie bang of moedeloos wees nie. Amen.