‘maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek.’
– As die wolk beweeg het, het die mense beweeg, wanneer die wolk gestop het, het hulle gestop.
– Gehoorsaamheid aan die leiding en rigtng van God is baie belangrik.
– Om stil te wag wanneer Hy nie vir ons sê om te beweeg nie, is miskien die heel moeilikste,
– Moenie voort storm en jou eie ding doen nie, wag vir Sy instruksies.
Gebed: Vader, help my om nie voor U instruksies vir my lewe uit te storm nie. Gee my die geduld om vir U leiding te wag voodat ek voort gaan, want U weë en planne is altyd die beste vir my lewe. Amen.