‘Ek sal al My majesteit by jou laat verbygaan ….’
– Die Here wil Sy goedheid aan ons openbaar en wys.
– HY begeer dat Sy goedheid ‘n werklikheid in ons lewens sal wees.
– Wat ons nodig het, is ‘n openbaring en begrip van Sy groot goedheid.
– Mag Sy goedheid en Sy liefdevolle goedhartigheid jou hart en lewe oorstroom.
Gebed: Vader, Ek bid dat U goedheid in hierdie tyd vir my baie werklik sal word. Ek vra dat ek U goedheid, U genadige sorg en nimmereindigende liefde vandag in my lewe sal ervaar. Amen.