Daaglikse Bybel Vers: Exodus 24:11
‘…, en hulle het God aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink.’
– Hoe wonderlik is dit nie om te dink dat hierdie mense God in hulle situasie kon sien nie.
– Die Here wil hê dat jy Sy hand in jou eie situasies en omstandighede moet sien.
– Verwag dat die Here Homself sterk sal toon om jou onthalwe.
– Wees dus afwagtend, want wanneer dit gebeur sal jy rede hê om te juig en fees te vier.
Gebed: Here, ek bid dat ek sal sien hoe U in my lewe werk. U weet wat ek in die gesig staar en waardeur ek gaan. Ek vertrou op U magtige werkskrag in my hart en omstandighede. Amen.