‘Kyk, Ek stuur ‘n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.’
– Terwyl ons die Here volg en gehoorsaam is, voorsien Hy wonderlike dinge vir ons.
– Kyk net na die beloftes in hierdie vers en raak opgewonde.
– Hy sal ‘n engel voor jou uitstuur om jou te lei en te beskerm.
– Hy sal jou na die plek toe bring wat hy vir jou gereedgemaak het, net soos wat Hy belowe het.
Gebed: Vader ek lig my oë op, en kyk weg van die uitdagings wat ek moet hanteer, en ek kyk na U en U beloftes. Mag dit wees soos U gesê het, en mag ek U goedheid in hierdie lewe sien! Amen.