Daaglikse Bybel Vers: Exodus 18:23
‘As jy dit doen en God dit jou beveel, kan jy dit uithou …..’
– Dit is altyd goed om raad en berading van ander te kry voordat ons voortgaan.
– Maar na al die advies moet ons van God hoor en Sy instruksies volg.
– Wanneer ons doen wat Hy sê dat ons moet doen, kan ons enigiets hanteer wat op ons pad kom.
– Laat ons poog om Sy stem oor alle dinge te hoor en daarna gehoorsaam wees tenopsigte van Sy leiding in ons lewens.
Gebed: Vader, dankie dat ek nie hierdie pad alleen in my eie wysheid hoef te stap nie. Ek bid dat U my sal lei en rig sodat ek in U weë sal lewe en sodoende die onnodige druk sal vermy. Amen.