‘Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ‘n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant.’
– Hierdie is ‘n tyd wanneer ons ander moet help en hul hande omhoog moet hou.
– Dit is nie ‘n tyd om selfsugtig en selfgesentreerd te wees nie.
– As jy iemand sien wat jy kan help, steek ‘n helpende hand uit.
– As ons mekaar help, bring dit vir ons oorwinning en sukses.
Gebed: Vader, mag my lewe in hierdie tyd deur U gebruik word. Ek bid dat ek iemand mag wees wat die vrag wat ander dra ligter maak en mag U die regte persoon stuur om my arms om hoog te hou. Amen.