‘…, draai hulle na die woestyn toe en meteens verskyn die heerlikheid van die Here in die wolk.’
– Wat ‘n fabelagtige en wonderlike oomblik moes dit nie gewees het nie.
– Vir een oomblik in tyd het die glorie en die wonder van God verskyn, vir almal om te sien.
– Die woestyn is nie die gewone plek om so ‘n wonderlike ding te sien nie.
– Waar jy oor jou lewe uitkyk, verwag dat Sy heerlikheid aan jou sal verskyn.
Gebed: Vader, dankie dat U met my is en dat u hand op my lewe is. Ek verlang om meer van u grootheid en wonder in my lewe te sien. Terwyl ek my aandag op U rig, mag ek meer sien as wat ek nog ooit gesien het. Amen.