Daaglikse Bybel Vers: Exodus 15:2
‘Die Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.’
– Oorwinning is iets wat God vir jou in voorsiening het.
– Daar mag dalk ‘n geveg wees en daar mag dalk dinge wees wat jy verloor, maar sy plan is oorwinning.
– Begin Hom loof en glo dat Hy instaat is om te doen wat nodig is.
– Laat Sy krag jou krag wees en laat Sy lied jou lied wees.
Gebed: Here, U is my krag en U is my lied. Ek sal juig en U loof, want U is die Een wat die oorwinning bring en dit vir my gee. Amen.