‘U het deur u guns die volk gelei wat U verlos het; U het hulle deur u krag na ‘n veilige woning gevoer.’
– Daar is twee dinge waarvan ons seker kan wees: Sy onfeilbare liefde en Sy magtige krag.
– Sy onfeilbare liefde is hier om jou te lei.
– Sy magtige krag is hier om jou elke dag raad te gee.
– Sy getrouheid is jou wapenrusting en jou beskerming.
Gebed: Vader, dankie vir U onfeilbare liefde vir my. Ek bid dat U my sal lei en raad gee oor elke tree wat ek gee sodat ek my lewe in afhanklikheid van U kan lei. Amen.