‘Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.’
– Die wolkkolom en vuur was ‘n voortdurende herinnering dat God met hulle was.
– As die mense ooit getwyfel het, kon hulle net opkyk en weet dat HY daar was.
– Die wete dat die Here met ons is, is die mees gerusstellende feit.
– Kyk op, die Here self is met jou, en sy teenwoordigheid sal met jou wees!
Gebed: Vader, dankie vir U ewige aanwesigheid, en volgehoue teenwoordigheid in my lewe. Wanneer ek moedeloos voel, mag ek net ‘opkyk’ en myself herinner dat U met my is. Amen.