Daaglikse Bybel Vers: Exodus 12:36
‘en die HERE het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars, en dié het hulle versoek ingewillig.’
– Die Here wil vir jou Sy guns op jou lewe gee.
– Die guns en die seën van God open deure vir ons.
– Die Here sal selfs ‘n tafel voor jou aangesig teenoor jou teëstanders vir jou voorberei.
– Mag jy Sy guns tot so ‘n mate ken dat selfs jou vyande jou sal dien!
Gebed: Vader, dankie vir U guns en seën op my lewe! Ek kies om in hierdie guns te lewe en om te weet dat omdat U hand op my lewe is kan ek verwag dat wonderlike dinge sal gebeur. Amen.