Daaglikse Bybel Vers: Esra 6:22
‘…..want die HERE het hulle verbly en die hart van die koning …. na hulle omgewend, om hul hande te versterk in die werk aan die huis van God, ….’
– Ons moet onsself altyd herinner dat God enige situasie kan omdraai.
– Hy sal dikwels mense gebruik om ‘n rol te speel in die verandering wat nodig het om te gebeur.
– In hierdie verhaal gebruik Hy ‘n koning om ‘n situasie totaal te verander.
– Die Here ken jou situasie en Hy is verbind om jou die hulp te gee wat jy nodig het.
Gebed: Vader, dankie dat U in beheer van alles is. Niks is vir U te moeilik nie en U kan enigiets en enigeen gebruik om vir my die verligting te bring wat ek benodig. Amen.