‘En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word;…’
– Die Here maak die verskil in ons lewens.
– Hy bring lewe en hoop in ons harte en siele.
– Sy Gees maak ons van binne af, lewendig.
– Werklike lewe is slegs moontlik as Hy in ons leef.
Gebed: Vader, vandag maak ek die deur van my hart oop en ek nooi U om in my te kom woon. Ek bid dat U my met U Gees sal vul. Ek wil alles wat U vir my voorberei het, beleef en geniet. Ek vra dus dat U, U Gees in my sal gee sodat ek werklik kan lewe. Amen.