Daaglikse Bybel Vers: Efésiërs 6:8
‘omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy ‘n slaaf is of ‘n vryman.’
– Die Here sien alles raak, wat ons in die lewe doen.
– Hy moedig ons aan om goed te doen en om ‘n seën te wees waar ookal moontlik.
– Die Here skuld geen mens enigiets nie en Hy sal jou terug betaal en jou loon.
– Moet dus nie opgee nie, druk deur en wees ‘n seën en jy sal die loon ontvang.
Gebed: Vader, dank U dat U alles raaksien selfs die kleinste poging wat ek aanwend om ‘n seën te wees. Help my om ‘n instrument in U hande te wees om verligting, hulp en seën te bring waar ek ookal gaan. Amen.