Daaglikse Bybel Vers: Efésiërs 6:16
‘Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.’
– Die vyand wil graag sien dat ons vernietig en kragteloos gemaak word.
– Maar die Here het vir ons die wapenrusting gegee om vas te kan staan en om in oorwinning te lewe.
– Ons het ons geloof en dit kan die vuur blus wat die vyand probeer aansteek.
– Staan vas, hou vas aan jou geloof en sien hoe die vlammende pyle geblus word.
Gebed: Vader, met die oë van my hart sien ek hoedat die Bose se pogings om my te vernietig uitgeblus word. Ek neem die skild van die geloof en ek sien hoe U my in die hoë plekke wat U vir my voorberei het, laat loop. Amen.