‘Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.’
– Om ‘saggeaard’ te wees is een van die beste maniere om enige situasie te verander.
– Harde harte lei tot konflik en wantroue.
– Ontferming heel die ergste seerkry en pyn.
– Kom ons doen wat HY sou wou hê dat ons moet doen en laat ons in vergifnis en liefde wandel.
Gebed: Vader, maak my ‘n instrument van U liefde en genade teenoor ander. Mag my hart sag en sensitief wees tenopsigte van die behoeftes van ander en mag ek U hande en voete vir almal om my wees. Amen.