Daaglikse Bybel Vers: Efésiërs 3:12
‘in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.’
– Dit is ‘n wonderlike voorreg om God in vertroue te kan nader.
– Ons is nie kruipende slawe of bedelende bediendes nie, ons is Sy kinders.
– Ons het die reg en die vreugde om in sy teenwoordigheid in te gaan.
– Moenie aarsel nie, kom onbeskaamd en met vertroue, Sy arms is wyd oop.
Gebed: Vader, mag ek meer van U teenwoordigheid in my daaglikse lewe ken. Mag ek die moed en die vrymoedigheid hê om U in elke situasie en enige tyd, te nader. Ek doen dit nou op die oomblik! Amen.