‘Ons was slawe van Farao in Egipte; maar die Here het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei.’
– Die Here wil ons altyd na ‘n beter posisie beweeg.
– Sy magtige hand werk voortdurend in ons lewens en omstandighede.
– Hy wil die laste lig en ons na ‘n beter ruimte bring.
– Jy is nie meer ‘n slaaf nie, maar jy is Sy uitgekose kind.
Gebed: Vader, dankie vir die hoop wat ek in U het. As gevolg van hierdie groot hoop, kan ek wegloop van slawerny na vryheid, van twyfel tot geloof en van ontmoediging tot vertroue. In U is ek volkome. Amen.