‘Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos die HERE onse God so dikwels as ons Hom aanroep?
– Die grootste vreugde wat ‘n mens kan ken, is dat sy Skepper naby is.
– As Sy kinders kan ons hierdie groot waarheid as ‘n werklikheid ken.
– Jou Hemelse Vader is nie ver van jou af, of van jou verwyder nie
– Jy kan veilig op die soliede Rots staan, want Hy is met jou.
Gebed: Vader, daar is geen groter vreugde as om te weet dat U by my is nie. Dankie vir hierdie groot gerusstelling, en terwyl ek op U vertrou, mag hierdie waarheid my lewende werklikheid word. Amen.