Daaglikse Bybel Vers: Deuteronòmium 4:31
‘Want die HERE jou God is ‘n barmhartige God; …’
– Jou Hemelse Vader is ‘n barmhartige, liefdvolle en goedhartige God.
– Sy genade is elke oggend nuut.
– Sy getrouheid teenoor jou is groot en buite ons begrip.
– Hy wil op styg en Sy barmhartigheid teenoor jou wys.
Gebed: Vader, U is my getroue, genadige en barmhartige Here en Verlosser. Ek vertrou en bid dat U in my situasie sal werk terwyl ek vertrou en rus in U getrouheid. Amen.