‘,,,en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!’
– Die Here wil hê dat ons Sy vryheid in ons lewens moet geniet.
– Hy wil nie hê dat ons deur enige vyand teruggehou of vasgehou moet word nie.
– Daarom tree Hy in en verdryf die vyand.
– Hy wil enige vyand wat jou wil verwoes, summier vernietig.
Gebed: Vader, ek bid dat U sal intree en alles wat my lewe wil verwoes, afbreek en vernietig, sal uitdryf en vernietig. Ek kies U planne vir my lewe en ek weet dat U vir my sal veg. Amen.