‘Die ewige God is ‘n woning, en onder — ewige arms;’
– Ons het ‘n ewige God wat vir ons ‘n ewige toevlug is.
– Hy sal ons red – ons hoef nie op ander dinge staat te maak om ons te red nie!
– Sy arms is gereed om ons te ontvang en te dra.
– Ons is altyd net ‘n oomblik weg van Sy arms.
Gebed: Vader, dankie dat U my Toevlug en my sterk Toring is. Dit is wonderlik om te weet dat ek na U arms kan hardloop en die vertroosting en liefdevolle goedheid wat ek nodig het, kan vind. Ek bid dat U my sal vashou en dra. Amen.