‘En jy moet vrolik wees oor al die goeie dinge wat die HERE jou God jou en jou huis gegee het,…...’
– Ons leef in moeilike en uitdagende tye.
– Maar selfs in hierdie moeilike tye kan ons die Here se goedheid en barmhartigheid verwag.
– Moenie jou lewe in vrees leef vir een of ander moeilikheid wat dalk nooit eers sal gebeur nie.
– Maak jou hart oop vir vreugde, en die moontlikheid van ‘goeie dinge’ vanaf die Here.
Gebed: Vader, vergewe my dat ek toelaat dat ek deur pessimisme en vrees oorweldig word. Ek kies om U te glo, en met verwagting en optimisme te lewe tenopsigte van wat U vir my en my huishouding sal doen. Amen.