Daaglikse Bybel Vers: Deuteronòmium 20:1
‘As jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, ‘n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want die HERE jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het, is met jou.’
– Stryd en uitdagings is almal deel van die lewe.
– Soms blyk dit dat dinge ons oorweldig.
– Die Here kom gedurig langs ons om ons te herinner dat Hy met ons is.
– Die Een wat tot nou toe met jou was is nog met jou , so moenie vrees nie.
Gebed: Vader, dankie dat U met my is. Ek stap nie hierdie pad van die lewe alleen nie, ek stap dit met U aan my sy en daarom vrees ek nie. Amen.