‘My God het Sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit…’
– Toe Daniël in die leeukuil was, het God ‘n engel gestuur en die onmoontlike gedoen.
– Hy het die bekke van die brullende leeus gesluit en Daniël bevry.
– As Hy die bekke van leeus vir Daniël kan sluit, kan Hy jou vir seker red.
– Hy kan die bekke van die leeus wat jou probeer vernietig, sluit – Hy kan.
Gebed: Vader, sal U asseblief in my situasie ingryp en my red en verlos. Ek bid dat U, U engel sal stuur om die krag van hierdie dinge wat my wil vernietig, te keer en om vir my die oorwinning te gee. Amen.