‘en gesê: Wees nie bevrees nie, geliefde man, vrede vir jou, wees sterk, ja sterk! …’
– Hoor die Woord van die Here aan jou: ‘Wees nie bevrees nie, geliefde man, vrede vir jou, wees sterk, ja sterk!’
– Jy is so kosbaar en waardevol vir die Here.
– Laat sy krag in jou sterflike liggaam invloei.
– Verban alle vrees en twyfel en staan vas in Sy krag en vermoë.
Gebed: Vader, dank U dat ek vir U kosbaar en waardevol is! Ek weerstaan die vyand en die vrees wat hy so dikwels in my hart en gedagtes probeer inbring. Ek staan in U krag en ek ontvang U vrede in my hart. Amen.